Beskuldigdes in die Bloemfontein-mensehandelsaak is borgtog toegestaan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 18, 2025
- 1 min read
Die vrou wat saam met drie mans van mensehandel in Bloemfontein aangekla word, is op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Netwerk24 berig een van die mans is ook borgtog van R5 000 toegestaan, en die ander twee mans R3 000 elk.
Die vier beskuldigdes staan in die landdroshof in die stad tereg op aanklagte van mensehandel, verkragting en poging tot moord. Hulle was almal verbonde aan 'n ontkleeklub in Ferreira in Bloemfontein, wat intussen gesluit is.
Die aanklagte spruit uit 'n voorval in Julie 2022 toe 'n vrou op 'n Facebook-advertensie vir 'n kroegmeisie gereageer het.
Met haar aankoms in Bloemfontein is sy na 'n huis geneem waar sy na bewering bedwelm en herhaaldelik deur 'n groep mans verkrag is.
Die beskuldigde vrou het glo foto’s en video’s van die verkragting geneem.






Comments