Beskuldigdes in Joshlin Smith-verhoor sê polisie het hulle gemartel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 6, 2025
- 1 min read
Twee van die beskuldigdes in die Joshlin Smith-verhoor sê hulle is gemartel om te erken dat hulle die kind verkoop het. Primedia berig Joshlin se ma, Kelly Smith, en haar medebeskuldigdes – Jacquen Appollis en Stevano van Rhyn – word aangekla van ontvoering en mensehandel na die dogtertjie vermis geraak het. Die beskuldigdes het Woensdag in hul pleitverduidelikings voor die hof weer betrokkenheid by die beweerde misdaad ontken. In Appollis en Van Rhyn se pleitverduidelikings beweer die twee dat staatspolisiebeamptes hulle glo in die lug geboei en opgehang het, en hulle voeg by dat hulle uiteindelik net erken het dat hulle by Joshlin se verdwyning betrokke was omdat hulle glo gevrees het dat hulle vermoor sou word. Die verhoor gaan in die Wes-Kaapse hooggeregshof in die Saldanhabaai-veeldoelige sentrum voort.







Comments