Beslag word op onwettige sigarette in Bethlehem gelê
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat verskerp hul optrede teen die onwettige handel in nagemaakte goedere en onwettige sigarette.
In ‘n onlangse gekoördineerde operasie het die Bethlehem Openbare Orde Polisie verskeie sakepersele in Ladybrand en Senekal besoek. Altesaam sewe mense is in hegtenis geneem vir oortredings met betrekking tot die verkoop van onwettige goedere.
Owerhede het ook op ‘n aansienlike hoeveelheid onwettige sigarette en ander nagemaakte items, insluitend ongereguleerde velbleikprodukte, beslag gelê.
ʼn Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die waarde van die beslaggelegde items word op ongeveer R450 000 geraam.






Comments