Besnoeiings raak miljoene vroue en meisies
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 10
- 1 min read
Minstens een miljoen vroue en meisies het die afgelope jaar toegang tot lewensreddende ondersteuning verloor weens wêreldwye besnoeiings in skenkerhulp.
Die Verenigde Nasies sê 'n nuwe verslag toon dat byna nege uit tien vroue-organisasies nie meer aan die groeiende behoefte aan hul dienste kan voldoen nie.
Die verslag waarsku dat sowat 40% van die 855 organisasies wat ondervra is, die risiko loop om binne die volgende jaar weens befondsingstekorte te sluit.
Volgens die VN benodig 120 miljoen vroue en meisies wêreldwyd humanitêre hulp en beskerming, terwyl besnoeiings ook die ondersteuning aan oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld beperk.








Comments