Besoeke word gedoen aan haglike Vrystaatse paaie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11
- 1 min read
Sommige paaie in die Vrystaat is in ‘n haglike toestand.
Die Gesamentlike Komitees oor Paaie, Openbare Werke, Infrastruktuur en Maatskaplike Dienste in die Vrystaatse Wetgewer het onlangs toesigbesoeke aan belangrike padprojekte afgelê.
Hierdie besoeke het gehelp om die haglike toestand van paaie op sommige belangrike roetes in die provinsie te beoordeel.
Die R26 tussen Hobhouse en Ladybrand en die R709 tussen Tweespruit en Excelsior is in ‘n gevaarlike toestand.
Die DA se Jafta Mokoena sê die party verwelkom die besoeke, maar sal die vordering noukeurig monitor en die departement hou by sy verbintenis dat ‘n kontrakteur teen Februarie volgende jaar op die perseel sal wees.
LUISTER:





Comments