Bester is nou eers weer in 2027 in die hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die verhoor van Thabo Bester en sy medebeskuldigdes sal na verwagting eers volgende jaar in die Hooggeregshof in Bloemfontein begin.
Volgens Netwerk24 het regter Lani Opperman die saak voorlopig van 18 Januarie tot 25 Maart 2027 op die hofrol geplaas.
Bester se regspan voer aan dat hulle nie voldoende met hom kan konsulteer terwyl hy in die eBongweni-maksimumsekuriteitsgevangenis in Kokstad aangehou word nie.
Die hof het aangedui dat die verhoor nie verder vertraag kan word nie, waarna Bester se regsverteenwoordigers besluit het om 'n hofbevel aan te vra.
Bester en sy medebeskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met sy ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in 2022.








Comments