top of page

Bester kon nie Beauty and the Bester stuit nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 12
  • 1 min read

Die driedelige Netflix-dokumentêre ware-misdaadreeks, "Beauty and the Bester", mag uitgesaai word. Dit nadat die dringende aansoeke van Thabo Bester en Nandipha Magudumana, vanoggend in die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap is. IOL berig Bester en Magudumana het aangevoer dat die reeks tot na hul verhoor terug gehou moet word. Die regter het egter gesê dat die dringende aansoeke wat by die hof ingedien is, sonder meriete was en dat hulle self die dringendheid geskep het. Die twee sal na verwagting volgende Vrydag na die Bloemfonteinse Hooggeregshof terugkeer. Hulle wag op verhoor op verskeie aanklagte, insluitend Bester se berugte ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein.

 
 
 

Comments


bottom of page