top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bester se bure is glo dae voor sy moord vergiftig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 14, 2025
1 min read

Die bure van oud-Vrystaat- en Griekwa-rugbyspeler, Piet Bester, is glo kort voor sy aanval en moord amper in hul huis vergiftig. Netwerk24 berig ene Leon en Marita is verlede Woensdag in hul huis deur die walms van brandende chloor oorval. Al drie hul honde, wat na die aanval bewusteloos was, is intussen dood. Daar word oor die waarskynlikheid bespiegel dat dieselfde booswigte vir beide aanvalle verantwoordelik was. Daar is glo ook vroeër die naweek ‘n koelhouer vol vleis by die Op-U-Oewer kampeerterrein, wat die egpaar bedryf, gesteel. Bester is Vrydag met veelvoudige wonde op sy hoewe langs die Modderrivier, buite Bloemfontein, oorlede. Hy is vermoedelik met ‘n graaf aangeval. Twee verdagtes is met die hulp van die gemeenskap aangekeer en sal in die Bloemfontein Landdroshof verskyn, waar Bester tot sy uittrede ‘n voorsittende beampte was.

 
 
 

Comments


bottom of page