Bester se hofpoging misluk weer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 minutes ago
- 1 min read
Veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester het nóg ’n regsterugslag beleef nadat die Pretoriase Hooggeregshof sy aansoek om oorplasing uit die Ebongweni Supermaksimum-gevangenis in Kokstad van die hand gewys het.
EWN berig Bester se regspan het aangevoer dat sy aanhouding daar hul voorbereiding vir sy komende verhoor bemoeilik weens reis- en konsultasie-uitdagings.
Regter Ronel Holland-Mutter het egter bevind dat sy plasing geregverdig is op grond van veiligheidsrisiko’s en dat korrektiewe dienste nie verplig is om volledige redes vir die besluit te verskaf nie.
Die hof het ook bevind dat daar geen dringendheid in die aansoek was nie en kritiek uitgespreek oor prosedurele tekortkominge in die indiening daarvan.







Comments