top of page

Bester se tuinwerker staan vir moord tereg

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 15
  • 1 min read

Gewese Vrystaat-rugbyspeler, Piet Bester se tuinwerker en sy eggenoot het in die Bloemfontein Landdroshof verskyn. Hulle staan op aanklagte van moord, dwarsboming van die gereg en roof met verswarende omstandighede tereg. Netwerk24 berig beide die verdagtes het onderskeidelik vir Bester op sy hoewe buite Bloemfontein gewerk. Daar is in die hof aangevoer dat die twee teenwoordig was toe Bester vermoor is en dat hulle glo daarna items uit die huis geneem het. Een van die verdagtes sê hulle het glo saam met Bester gekuier, toe daar ‘n stuweling ontstaan het, hy beweer ook Bester se hond het hom aan die enkel gebyt. Die twee sal in aanhouding bly tot hulle weer volgende week vir ‘n formele aansoek om borgtog in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page