Bestuurslisensies is dalk binnekort digitaal
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Suid-Afrikaners kan binnekort hul fisiese plastiekbestuurslisensiekaart met ‘n digitale een vervang.
Die Presidensie se Digitale Dienseenheid het na bewering reeds in net drie maande ‘n werkende digitale bestuurslisensie ontwikkel, hoewel dit steeds getoets word.
Sodra dit bekendgestel is, sal aansoekers hul bestuurslisensie volledig deur ‘n enkele mobiele toepassing kan aansoek doen, hul identiteit verifieer, betaal en stoor.
Business Tech berig dat die skuif volg op toenemende druk van die burgerlike samelewing en kundiges wat lank reeds aangevoer het dat Suid-Afrika jare gelede na digitale lisensiëring moes oorgeskakel het.







Comments