Beswaar word gemaak teen die wit kruise in die VSA

Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA) het beswaar gemaak teen Lex Libertas wat 3 000 wit kruise in Washington, D.C. geplant het.
Maroela Media berig Lex Libertas, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte en beskerming van minderheidsgemeenskappe, se dokumentêre rolprent Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa is ook die afgelope week by die Withuis vertoon.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder AvSA sê hy veroordeel plaasmoorde en geweld teen boerderygemeenskappe ten sterkste.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Die organisasie is egter bekommerd dat die kruise volgens hom ’n misleidende beeld van Suid-Afrika kan skep en die lyding van slagoffers aan ’n bepaalde politieke strewe kan koppel. AvSA voer aan dat navorsing daarop dui dat plaasaanvalle hoofsaaklik deur roof en ander kriminele motiewe gedryf word, eerder as ’n gekoördineerde veldtog van rassevervolging. Volgens die organisasie sluit dit nie uit dat rassehaat in individuele aanvalle ’n rol kan speel nie.
Volgens Lex Libertas het die Witkruisprojek ten doel om die krisis waarmee minderheidsgemeenskappe in Suid-Afrika gekonfronteer word onmoontlik te maak om te ignoreer.








Comments