Betaalde e-tolgende gaan nie terugbetaal word nie

Oct 1, 2024
1 min read
Daar sal, volgens Lebogang Maile, Gautengse LUR vir fianansies, geen terugbetalings wees vir motoriste wat hul e-tolgelde betaal het nie. Primedia berig daarbenewens word van die diegene wat e-tolfooie skuld, steeds verwag om dit te vereffen. Maile het ook aangekondig dat die eerste paaimente van die multimiljardrandse e-tolskuld aan die SA nasionale padagentskap (SANRAL) betaal is. Die elektroniese tolstelsel is in 2013 amptelik op Gautengse paaie ingestel. Alhoewel die regering nooit die hoeveelheid mense wat vir e-tol betaal het bekend gemaak het nie, word die syfer op ongeveer slegs 10% beraam.








Comments