top of page

Betalings by die N3-tolhekke is nou veiliger

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 5, 2024
  • 1 min read

VISA- en MasterCard-magneetbankkaarte, word nie meer by enige tolhekke op die N3-tolroete aanvaar nie. Dit sluit die hoofroete en opritte in. Nuusflits berig die N3 Tolkonsessie sê hierdie verandering is vir veiligheid en gemak aangebring. Daar kan nou van TapAndGo-betalings gebruik gemaak word, en SANRAL-tags, kontant en vlootkaarte word steeds aanvaar. Enige kontaklose debiet- of kredietkaart, hetsy VISA of Mastercard met ‘n mikroskyfie, asook slimtoestelle soos selfone en horlosies met Apple-,  Samsung en Google Pay kan ook gebruik word. Dit verseker dat jy altyd in beheer van jou kaart is.

 
 
 

Comments


bottom of page