Bethlehem ding mee om Dorp van die Jaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Groot opgewondenheid heers in die Oos-Vrystaat nadat Bethlehem as die Vrystaat se finalis in Kwêla op kykNET se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys is.
Vista berig die aankondiging is onlangs gemaak en plaas die dorp in die wedloop om die gesogte titel.
Bethlehem se plek onder die finaliste volg op 'n merkwaardige herlewing die afgelope jaar.
Plaaslike ondernemings, gemeenskapsorganisasies, die plaaslike munisipaliteit en inwoners het saamgewerk om die dorp te verfraai en verder te ontwikkel.
Die dorp, wat aan die voet van die Witteberge geleë is, bly een van die Vrystaat se gewildste bestemmings en lok jaarliks talle besoekers.
Gemeenskapsleiers meen die kompetisie bied 'n waardevolle geleentheid om Bethlehem en die Oos-Vrystaat op 'n nasionale platform ten toon te stel.








Comments