top of page

Betogers stap na Parlement teen die oorlog in Palestina

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 28
  • 1 min read

Betogers van verskillende burgerlike, politieke en geloofsgroepe het saam gekom in 'n optog na die Parlement in Kaapstad om aan te dring op die einde van die oorlog in Palestina.


Daily Maverick berig duisende mense, geklee in groen, rooi en wit, het Saterdag betoog vir 'n einde aan volksmoord in Gasa en 'n boikot teen Israel.


Betogers het voor die moskee in Distrik Ses bymekaar gekom en na die Parlement gestap. Hulle het plakkate met slagspreuke soos "Boycott Apartheid Israel" en "You Can't Bomb The Truth Away" gedra, en gedreunsang, " From the river to the sea, Palestine will be free".


By die Parlement het sprekers van politieke partye en geloofsleiers die skare toegespreek, en 'n memorandum aan die Parlement se voorsitter van komitees, oorsig en openbare deelname, Cedric Frolick, oorhandig.


Die memorandum eis onder andere dat die Israeli ambassade gesluit word.


FOTO: Daily Maverick
FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page