top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Betrekkinge tussen SA en Amerika staar ‘n moontlike keerpunt in die gesig

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Daar is ’n geleentheid vir Suid-Afrika om sy betrekkinge met die Verenigde State van Amerika (VSA) te verbeter ná maande van gespanne diplomatieke bande.


Politieke kenners het dié opmerkings gemaak nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, Suid-Afrika vroeër vandeesweek op Vryheidsdag voorspoed toegewens het. Rubio het in sy boodskap gesê dat die VSA oop bly vir konstruktiewe betrokkenheid waar belange ooreenstem.


Volgens ontleders is dit ’n eerste stap in die herstel van die betrekkinge tussen die twee lande. Hulle waarsku egter dat die pad vorentoe uitdagend sal bly.


Daar is ’n geleentheid vir Suid-Afrika om sy betrekkinge met die VSA te verbeter ná maande van gespanne diplomatieke bande. GRAFIKA: Pinterest
Daar is ’n geleentheid vir Suid-Afrika om sy betrekkinge met die VSA te verbeter ná maande van gespanne diplomatieke bande. GRAFIKA: Pinterest

 
 
 

Comments


bottom of page