top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Betroubare bron verklap naam van nuwe Universiteit Stellenbosch rektor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 5, 2024
1 min read

Professor Wim de Villiers, rektor en visiekanselier van die Universiteit Stellenbosch (UV), word aldus ‘n betroubare Media24-bron deur professor Deresh Ramjugernath opgevolg. Hy is bo die US-bedryfshoof, professor Stan du Plessis, tot die amp aangewys. Ramjugernath is sedert 2021 as onderrig en leer-viserektor by die Universiteit Stellenbosh werksaam. Hy het voorheen aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as adjunkvisekanselier vir navorsing gedien. Sy akademiese agtergrond behels chemiese ingenieurswese, met fokus op termo-dinamika en skeidingstegnologie. De Villiers het die UV vir twee opeenvolgende termyne as rektor en visiekanselier gedien.

 
 
 

Comments


bottom of page