Beurtkrag is terug

Jan 31, 2025
1 min read
Fase 3-beurtkrag word van Vrydag af geïmplementeer. News24 berig Eskom se uitvoerende hoof, Dan Maroka, het tydens ‘n inligtingsessie gesê beurtkrag is nodig om hul stelsel te beskerm terwyl hulle noodreserwes, insluitend diesel, aanvul. Volgens die Minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het ‘n kombinasie van ongunstige omstandighede, na ‘n uitstel van 10 maande, tot die hervatting van beurtkrag gelei. Om die druk op die kragstel te verlig doen Eskom 'n beroep op die publiek om elektrisiteit doeltreffend te gebruik deur geisers en swembadpompe van 17:00 tot 21:00 af te skakel.








Comments