Beweerde dagmoeder-moordenaars se saak word uitgestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 10
- 1 min read
Die verhoor van ’n oudwerker van ’n dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel, wat weens die moord op haar eertydse werkgewer teregstaan, is in die hooggeregshof in die stad uitgestel weens teenstrydige instruksies aan hul regsverteenwoordiger.
Hulle staan tereg weens die driedubbele moord op die eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, Betsie Kruger, en haar dogter en skoonseun, Janine en Christo Theron, in 2023.
Netwerk24 berig Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe se verhoor sou Maandag begin het. Hul regsverteenwoordiger, Peter van der Merwe van Regshulp SA, het hom egter weens botsende belange onttrek nadat Moroe teenstrydige instruksies gegee het.
Hulle sal na verwagting Woensdag weer verskyn.








Comments