top of page




Vandalisme aan hoofwaterpyplyn raak groot dele van Bloemfontein
Verskeie woonbuurte in Bloemfontein ervaar lae waterdruk of tydelike wateronderbrekings nadat ernstige vandalisme aan 'n hoof grootmaatwaterpyplyn naby die Grootvlei Gevangenis aangemeld is. Volgens die DA in Mangaung is die pyplyn beskadig, wat noodmaatreëls genoodsaak het om watervoorsiening na 'n alternatiewe staalpyplyn oor te skakel. Gebiede wat geraak word sluit onder meer Pellissier, Vista Park, Rocklands, Phelindaba, Phahameng, Unique Homes, Universitas, Bainsvlei, La

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar
Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar ná ’n beweerde onderonsie met ’n buurman in Bloemfontein. Volgens Netwerk24 het die voorval ontstaan ná ’n rusie wat glo begin het met opmerkings oor Drotské se vrou en daarna geëskaleer het in ’n fisieke konfrontasie tussen die betrokke partye. Die buurman, Vivian John de la Hunt, dagvaar nou Drotské en ’n vriend vir skadevergoeding van R9-miljoen . Dit hou glo verband met beserings wat hy tydens die voorval opge

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Twee rowers is vasgetrek na 'n reeks gewapende rooftogte
'n Gesamentlike operasie deur die Bloemfonteinse polisie en private sekuriteit het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes wat verbind word met 'n reeks gewelddadige rooftogte in die stad. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat is die verdagtes, onderskeidelik 26 en 37 jaar oud, deel van 'n groep wat slagoffers geteiken het terwyl hulle 'n donkergrys of swart BMW gery het. Die voorvalle het vroeg Woensdagoggend in JB Mafo

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die Vrystaatse regering gaan oneerlike kontrakteurs swartlys.
Die Vrystaatse regering sê hy gaan streng optree teen oneerlike kontrakteurs wat by staatsprojekte betrokke is. Volgens Netwerk24 het Premier MaQueen Letsoha-Mathae die week in 'n vergadering in Bloemfontein aangedui dat kontrakteurs wat hul werk nie behoorlik verrig nie, op ’n swartlys geplaas sal word. Dit beteken hulle kan ook verhinder word om in ander provinsies vir tenders aansoek te doen. Die stap volg op toenemende kommer oor swak dienslewering en projekte wat nie vol

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Kearney pleit skuldig
Die 20-jarige Tristan Kearney het skuldig gepleit op drie aanklagte van strafbare manslag ná die ongeluk buite Bloemfontein waarin drie kinders oorlede is. Volgens Netwerk24 is Kearney Dinsdag tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, saam met drie jaar korrektiewe toesig. Hy moet ook 576 uur gemeenskapsdiens doen en sal tydens sy korrektiewe toesig onder huisarres wees. Die ongeluk het op 24 Januarie verlede jaar op die N8 plaasgevind,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 25


‘n Oorsig besoek aan Bloem-hospitale fokus op uitdagings
’n Oorsigbesoek aan Vrystaatse hospitale onder andere Pelonomi-hospitaal, die Nasionale Distrikshospitaal en die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein fokus op uitdagings rondom gesondheidsinfrastruktuur. Die Parlement se gekose komitee oor maatskaplike dienste sal vandag kyk na kwessies wat dienslewering raak soos vertragings met projekte, swak instandhouding en die bestuur van fondse. Die komitee wil ook bepaal of begrotingsdruk en moontlike wanbesteding bydra to

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 25


Herstelwerk by die Fidel Castro-gebou vorder goed
Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê onderhoudswerk by die Fidel Castro-gebou in Bloemfontein vorder goed. Volgens die departement word keldermure tans herstel nadat watersypeling tydens roetine-inspeksies geïdentifiseer is. Opgrawings en verdere tegniese assesserings is ook aan die gang om die omvang van die probleem te bepaal en dit doeltreffend aan te spreek. Die departement sê die werk word só beplan dat dit nie die daaglikse bedrywighede in die gebou o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 25


‘n Jong Bloemfonteinse model verower ‘n nasionale skoonheidstitel
’n Graad 2-leerder van Laerskool Fichardtpark in Bloemfontein het ’n nasionale skoonheidstitel verower. Volgens Bloemnuus is Cate Cilliers as wenner gekroon in die Miss Teen Universe Suid-Afrika se Mini Model of the World-afdeling tydens ’n kompetisie wat in Polokwane gehou is. Die agtjarige model het in aanloop tot die kompetisie ook liefdadigheidswerk gedoen by plaaslike organisasies, insluitend ’n dierebeskermingsvereniging en ’n kinderhuis. Haar oorwinning skep nou gelee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 24


BKS kry nie die Bloemskou onder nie
Ten spyte van die bek-en-klouseer-uitbraak, gaan die Bloemskou steeds vanjaar voort met ‘n innoverende landbouprogram. Volgens inligting wat deur Bloemskou se Uitvoerende Beampte, Elmarie Prinsloo, gedeel is moes sekere landbou-aktiwiteite aangepas word, met bees- en kleinvee-kampioenskappe wat nie vanjaar aangebied word nie. Organiseerders sê die skou het egter met innovasie aangepas en bied steeds ’n uitgebreide landbouprogram aan, met onder meer perdekompetisies, die Boerb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 24


Dringende ingryping by lewensgevaarlike Bloem-paaie word geëis
Die toestand van Bloemfontein se pad- en verkeersinfrastruktuur hou ’n ernstige gevaar vir padgebruikers en voetgangers in. Inligting wat van AfriForum ontvang is, dui daarop dat die wye voorkoms van slaggate, onwerkende verkeersligte en dowwe padmerke, saam met gebrekkige instandhouding, die stad se paaie in ’n kritieke toestand dompel. Die organisasie sê motoriste moet daagliks vir slaggate uitswaai, wat die risiko van ongelukke verhoog, terwyl swak sigbare padmerke en wanf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


MMM-nuus: Wateronderbreking | Samesprekings met Sanral | Opleiding oor slangveiligheid
Bloemfonteiners moet voorberei vir ’n beplande wateronderbrekings Bloemfonteiners word aangeraai om voor te berei vir ’n beplande wateronderbreking dié naweek. Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) sal watertoevoer tydelik onderbreek word om noodsaaklike werk aan die waterinfrastruktuur te doen. Die onderbreking sal onder meer Westdene, Naval Hill, Arboretum en omliggende gebiede raak. Die metro sê die werk vorm deel van instandhouding en opgrade

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


Afvalbestuur en werkskepping word in Bloem bespreek
Afvalbestuur en die skep van werksgeleenthede is in die kollig by ’n beraad wat in Bloemfontein aangebied word. Die sogenaamde Waste Khoro-konferensie bring rolspelers uit die sektor, insluitend regering, besigheid en informele afvalversamelaars, byeen. Adjunkminister van bosbou, visserye en die omgewing, Bernice Swart, beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om afval te verminder en ekonomiese geleenthede te skep. Sy sê in ‘n mediaverklaring deur die Departement van Bosbou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


‘n Voortvlugtige is in Bloem aangekeer
’n Voortvlugtige is tydens ’n padblokkade op die N1 in Bloemfontein aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het beamptes tydens Operasie Shanela in die Navalsig-polisiestasie se gebied byna 200 voertuie en meer as 400 mense deursoek. ’n Toyota Quantum-minibus is voorgekeer, waarna ’n deursoeking gelei het tot die ontdekking van ’n 9mm-pistool, ’n magasyn en sewe patrone wat glo onwettig in die man se besit was. Die 39-jarige buitelander is op die toneel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


Klopper ontvang die Forbes-toekenning vir akademiese uitnemendheid
Die rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Hester Klopper, is met die Forbes Woman Africa Academic Excellence Award vereer . Die toekenning is tydens die 2026 Forbes Woman Africa Leading Women Summit in Johannesburg oorhandig. Volgens inligting wat deur die Universiteit van die Vrystaat bekend gemaak is, weerspieël die toekenning ’n loopbaan wat gekenmerk word deur akademiese uitnemendheid, leierskap en ’n diep verbintenis tot die uitbreiding van toeg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


‘n Staatsdiensleierskap Indaba word in Bloem aangebied
’n Indaba oor die toekoms van die staatsdiens word in Bloemfontein aangebied. Die Senior Management Service (SMS) Indaba vind Donderdag en Vrydag by die Imvelo Safari Lodge plaas, waar senior amptenare en kenners oor dienslewering en bestuur sal besin. Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sal na verwagting die hooftoespraak lewer en haar visie vir ’n meer professionele en doeltreffende staatsdiens uiteensit. Volgens die Vrystaatse Provinsiale Regering se Facebook-b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Die Vrystaat-begroting fokus glo op salarisse bo groei in Vrystaat
Die Vrystaatse begroting plaas glo die onderhoud van die staatsdiens bo die ontwikkeling van die provinsie. Só meen VF Plus-lid in die Nasionale Raad van Provinsies, Tammy Breedt. Bloemnuus berig sy voeg by sowat 65% van die 2026/27-begroting, wat Dinsdag in die Bloemfonteinse stadsaal voorgelê is, word aan salarisse bestee, terwyl sleutelsektore afgeskeep word. Landbou ontvang net 2,3% van die begroting, met slegs R5 miljoen vir die bek-en-klouseerkrisis. Hoewel die LUR vir

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Verdagtes is vas ná ‘n jaagtog buite Bfn
Verdagtes is ná ’n jaagtog buite Bloemfontein vir besigheidsinbraak in Edenburg in hegtenis geneem. Securiforce Rapid Response-lid Johan Maritz, saam met CJ Wydeman van AgriSecure, het vinnig opgetree en die verdagtes in die Bainsvlei-omgewing opgespoor, wat tot ‘n hoëspoed-jaagtog gelei het. Die verdagtes is op die Hertzogville-pad aangekeer. Martiz sê aan Rosestad-nuus die verdagtes het glo drank, kontant en twee kluise gesteel. Die polisie het beslag gelê op sowat R30 000

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


St Andrew’s ontvang ‘n internasionale omgewingstoekenning
St Andrew’s Skool in Bloemfontein is met ’n internasionale toekenning vir hul omgewingsinisiatiewe vereer. Volgens inligting wat deur die skool gedeel is, het die instelling ’n Internasionale Vlagtoekenning ontvang as deel van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Natuurlewe en Omgewing, of te wel WESSA Skole- en Jeugprogram vir 2025 en 2026. Die skool se inisiatief sluit onder meer herwinning, die aanplant van inheemse bome, waterbesparing en papierlose kommunikasie in. Leerder

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Hospice Bfn vereer ‘n matrone wat steeds op 85 omgee
‘Verpleegkundiges tree nooit regtig af nie — hulle bly help so lank as wat hulle kan.’ Só sê die medestigter en bestuur van Hospice Bloemfontein, Hanneke Lubbe aan Rosestad-nuus oor matrone Linette Peltzer, wat onlangs haar 85ste verjaardag gevier het. Peltzer was deel van die eerste groep vrywilligers toe Hospice in 2017 begin het en het talle pasiënte en families ondersteun. Hoewel sy nie meer voltyds werk nie, loer sy steeds gereeld in vir ’n koppie koffie en om met die s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Studente rol moue hul moue op
Studente het hand bygesit om 20 slaggate in Groenewoudstraat in Bloemfontein te herstel. Die straat is ’n belangrike roete vir inwoners van die Amelia Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis. Volgens ’n mediaverklaring het AfriForum Jeug se Kovsies-tak kragte saamgesnoer met die burgerregteorganisasie se Bloemfontein-tak, en is die projek deur die konstruksiemaatskappy Raubex ondersteun, wat materiaal en hulpbronne verskaf het. Die primarius van Veritas Manskoshuis Heinard Stroeb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Verdagtes se borgtog vir eiendomsbedrog is geweier
Die Bloemfontein-landdroshof het borgtog aan vyf verdagtes wat met ‘n eiendomsbedrogsindikaat verbind word, geweier. Die Valke het die groep in hegtenis geneem na ‘n reeks klagtes rakende bedrieglike eiendomsadvertensies vir huise wat nooit te koop was nie. Slagoffers het na bewering meer as eenmiljoen rand verloor nadat hulle vir die eiendomme betaal het en nooit die huise of hul geld terug ontvang het nie. Die verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting Woensdag vir ‘n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Slaggate dwing Bloemfonteiners om self paaie te herstel
Weens die swak toestand van paaie in Langenhovenpark en Spitskop word inwoners en gemeenskapsorganisasies glo genoodskaak om self slaggate herstel. Volgens ’n mediaverklaring van die Demokratiese Alliansie (DA) is dié ingrypings nie volhoubaar nie en kan dit nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid vervang nie. Die party sê talle strate is ernstig beskadig, wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste en voetgangers inhou en inwoners finansieel raak. Hulle het die Mangaung Met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Die Vrystaat se begroting van miljarde rande is ter tafel gelê
Die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, het die provinsie se begroting in Bloemfontein ter tafel gelê. Volgens Weekly Business beloop die begroting R47,9 miljard vir die 2026/27-boekjaar — ’n toename van 1,6% vergeleke met die vorige jaar. Makume sê regeringsbesteding is noodsaaklik vir plaaslike ekonomiese groei, werkskepping, die vermindering van armoede en die skep van 'n provinsie wat bevoeg is om selfs in globale markte mee te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


‘n Vrou in Wilgehof is glo met ‘n vuurwapen gedreig
AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het vinnig opgetree ná ’n noodoproep oor ’n vrou wat vermoedelik met ’n vuurwapen op ’n perseel in Bidwellstraat, Wilgehof, gedreig is. Volgens ‘n mediaverklaring is die reaksie-eenheid en die polisie onmiddelik na die toneel ontbied. Dit het aanvanklik geblyk dat die verdagte nie meer in besit van die vuurwapen is nie, maar inligting van ander inwoners het egter aangedui dat die wapen moontlik op die perseel versteek is. Die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17
bottom of page

