top of page




Die polisie vat vas by 'n Bfn skool
Die Polisie in Bloemfontein het 'n onverwagse ondersoek by die Dr Böhmer Vaardigheidskool in die stad uitgevoer. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die teenbende-eenheid het vroeg Dinsdagoggend 18 klasse deursoek. Tydens hierdie operasie is 'n verskeidenheid smokkelware en onwettige items in die besit van leerlinge gevind, insluitend messe, balaklawas, dagga, sigarette en elektroniese damprooktoestelle en koperdraad. Kareli sê die teenbende-een

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 12


'n Verdagte word gesoek nadat 'n Bfn man glo vergiftig word
'n Saak van poging tot moord word ondersoek nadat 'n jong man vermoedelik deur 'n motorwerktuigkundige in Bloemfontein vergiftig is. Die 18-jarige slagoffer het die werktuigkundige, aan hom net as "Johannes" bekend, in Barry Richterlaan in Fleurdal raakgeloop en navraag oor 'n uitstaande terugbetaling gedoen. "Johannes" het toe aan die slagoffer gesê hulle moet later die dag bymekaar kom. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê "Johannes" het toe na bewering lekkerg

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 11


Grey se hoof tree af
Die hoof van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein, Braam van Wyk, gaan aan die einde van die jaar aftree. Die skool se beheerliggaam het dit in 'n mediaverklaring op sy Facebook-blad bevestig. Van Wyk is in 2022 as Grey se hoof aangestel. Volgens die beheerliggaam sal die proses om die skool se 12de hoof sedert sy bestaan in 1855 aan te stel, binnekort begin. Braam van Wyk. FOTO: Nova News

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 11


'n Vermeende dief is by 'n Bfn kwekery aangekeer
‘n Verdagte winkeldief is Sondag by die Greenside-kwekery in Bloemfontein deur personeel en veiligheidspersoneel aangekeer. Bloemnuus berig Marius Annandale van Greenside sê die in hegtenisneming van die verdagte vrou volg op nog twee verdagte mans wat op 14 Februarie in hegtenis geneem is. Hy sê hulle hou die afgelope twee maande sewe verdagtes op kringtelevisie dop, en hulle vermoed die twee gevalle hou met mekaar verband. Hy vertel die vrou is op heter daad betrap terwyl s

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 9


Poste by die Bfn dieretuin word geadverteer
Die werwingsproses vir personeel vir die Bloemfontein-dieretuin het begin. Netwerk24 berig die waarnemende hoofwoordvoerder van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Nicolette Maysiels, sê die poste is vir goedkeuring ingedien, en sommige poste is ekstern geadverteer om geskikte personeel te lok. Geen diere is egter nog aangekoop of verkry nie. Dit sal eers gebeur nadat al die inspeksies en voldoeningsvereistes vir permitte afgehandel is. Maysiels sê die spesifieke soort diere w

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 9


Die metro haal in met vullisverwydering
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê hulle is besig om die agterstand in vullisverwydering in die stad aan te spreek. In 'n plasing op sosiale media verduidelik die metro die redes vir die verlengde agterstand in dienslewering is buite sy beheer. Hy bevestig egter daar is herstelplanne, maar dit is vir die langtermyn. Intussen word agterstallige vullisverwydering samelopend met die huidige dag se verwydering gedoen om teen die einde van die week die agterstand in te haal. Ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 6


'n Oud-polisiefotograaf is in Bfn doodgery
’n Voormalige misdaadtoneel-fotograaf van die polisie, wat in sy beroep grusame tonele afgeneem het, is Maandag oorkant die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein doodgery. Netwerk24 berig Goodwin van Eeden, beter bekend as Smiley, is omstreeks 10:30 skaars ’n kilometer van Krause House in Oranjesig, waar hy nege jaar gewoon het, doodgery. Hy was vermoedelik van die Nasionale Hospitaal af op pad huis toe en is raakgery toe hy oor die straat stap. ’n Paramedikus op di

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 3


Bloemfonteiners kan afslag op munisipale rekeninge kry
Inwoners van Bloemfontein met munisipale skuld kan nou reëlings tref om hul rekeninge ten volle te vereffen en sodoende moontlik afslag te kry. Bloemnuus berig die Mangaung Metro Munisipaliteit het gister vir die tweede agtereenvolgende jaar 'n skuld-inisiatiefskema goedgekeur. Inwoners, residensiële deelskemas en huiseienaarsverenigings kan van twee metodes gebruik maak. Eerstens kan diegene wat hul skuld ten volle in kontant delg 'n afslag van 50% op alle skuld ouer as 120

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 27


Die Lengau-toetssentrum sluit weer sonder verduideliking
Die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein is sonder enige verduideliking gesluit vir die publiek. Rosestad-nuus het vertroulik van 'n betroubare bron verneem dat die afdeling vir die hernuwing van bestuurslisensies Maandagmiddag deur die Departement van Arbeid gesluit is, vermoedelik weens 'n lekkende plafon. Voorts vertel die bron dat alle voertuie sedert Dinsdagoggend toegang geweier is. Die bron sê dit wil voorkom asof die sekuriteitsbeamptes ook nie seker is oor die aangele

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 25


Die Byenes-moordverhoor word uitgestel
Die verhoor van ’n oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel is Dinsdag tot in Maart uitgestel. Netwerk24 berig dit is omdat ’n MTN-werker, wat oor die selfoonstate moet getuig, eers dan beskikbaar is. Die saak is vir die week van 23 tot 27 Maart, asook 6 tot 10 Julie op die hofrol geplaas vir afhandeling. Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe word daarvan beskuldig dat hulle Betsie Kruger, eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, haar dogter,

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 25


Drie is vas vir motordiefstal in Bfn voorstede
Drie verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem vir motordiefstal, nadat hulle gesoek was vir ‘n aantal misdade in en om Pellisier, Laurierpark, Fauna, Fichardpark, en Universitas. Polisiewoordvoerder, konstabel Maselela Langa, sê in ‘n verklaring die polisie het op die gesteelde voertuig beslag gelê, wat na bewering betrokke was in die uitvoer van misdad, asook ‘n selfoon met bewyse. Die drie mans sal Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 24


Twee is vas vir die besit van bergskilpaaie in Bfn
Twee mense is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 'n bedreigde spesies en die ongemagtigde verskuiwing van drie groot bergskilpaaie. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in 'n verklaring die verdagtes is in Hoffman-plein in Bloemfontein aangekeer en hul motor deursoek. Die drie bergskilpaaie is in 'n boks in die kattebak gevind. Die twee verdagtes is op waarskuwing vrygelaat, en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 22


'n Koeëlreën beseer 'n bestuurder in Bfn
'n Taxi-bestuurder is beseer toe onbekende aanvallers op sy minibus-taxi in die Bloemfonteinse middestad geskiet het. 'n Totaal van elf gebruikte patrone van R4 en R5 vuurwapens is gevind, en 29 koeëlgate is in die minibus getel. In 'n mediaverklaring sê polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, die taxi het van Gauteng af gekom en passassiers by 'n taxi-staanplek in die middestad afgelaai. Met hul vertrek het onbekende aanvallers op die bestuurder en een passassie

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 21


Hoewe-eienaars gaan nou meer erfbelasting betaal
Hoewe-eienaars in Bloemfontein se eiendomsbelasting gaan dramaties styg wanneer die nuwe eiendomsbelasting van 1 Julie af in die Mangaung-metro gehef word. Nova News berig dié gebiede, wat as landbougrond beskou word, het vroeër 75% afslag ontvang. Nou gaan eiendomme teen standaard-eiendomstariewe belas word, terwyl die grond steeds afslag van 75% kry, ongeag of daar landbouaktiwiteite is of nie. Die Mangaung-metro se bestuurder van inkomste, Kolisang Rapulungoane, sê onderne

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 21


NALN sal glo einde Maart ten volle herstel wees
Hoewel die kontrakteurs nog aangestel moet word, sál herstelwerk aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein teen einde Maart afgehandel wees. Dit is volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, Tankiso Zola. Netwerk24 berig die meer as R2,6 miljoen vir dié opknappingswerk moet teen 31 Maart bestee wees, anders moet dit aan die provinsiale tesourie teruggegee word. Rosestad-nu

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 20


Dagsorg-moorde: 'Een slagoffer is gemartel'
Een van die vroue wat in Junie 2023 by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein vermoor is, is doodgemartel. Dit is volgens ’n senior staatspatoloog verbonde aan die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Naas Ferreira, se getuienis in die Bloemfonteinse hooggeregshof. Netwerk24 berig Ferreira getuig die vermeende moordenaars het Janine Theron op verskillende maniere om die lewe probeer bring, en al die verskillende pogings en beserings dui op marteling. Ferreira voeg by dit lyk

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 17


'n Jong Bloemfonteiner is dood in 'n motorfietsongeluk
’n Jong motorfietsryer van Bloemfontein is dood toe hy teen ’n voertuig gebots en ’n lamppaal getref het. Netwerk24 berig Louis Smith van Hospitaalpark is Saterdagoggend deur paramedici op die toneel dood verklaar. Volgens polisiewoordvoerder kol. Thabo Covane het Smith se motorfiets en 'n motor by die kruising van Currielaan en Napoleonstraat gebots. Die 19-jarige Smith was ’n oudleerling van die Martie du Plessis-skool. Die skool het op sy Facebookblad sy meegevoel aan Smit

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 16


Die dagsorg-slagoffers het plastieksakke oor hul koppe gehad
Die drie slagoffers van die moord by die Byenes-dagsorgsentrum in Wilgehof in Bloemfontein het plastieksakke oor hul koppe gehad. Netwerk24 berig die operasionele bestuurder by die veiligheidsmaatskappy Recon Tactical, Wouter de Wet, het Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein getuig die jong egpaar was ook met kettings aan mekaar vasgemaak. De Wet was een van die eerste mense op die moordtoneel van Betsie Kruger, haar dogter Janine Theron, en dié se man, Christo Thero

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 13


Lourierpark: Die Metro moet ontwikkeling staak
Die Mangaung Metro moet alle voorbereidings van werk op die grondgebied wat deel vorm van die Brandkop-plaas en in die omgewing van Lourierpark staak. Dit is volgens 'n tussentydse bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein ná die DA en die Geluksdam-plaasvereniging se skrywes. Bloemnuus berig werknemers is die afgelope tyd waargeneem waar hulle paaie skraap en voorbereidings tref om dienste te installeer in die grondgebied tussen Lourierpark, Bloemdal en Ferreira. Rosestad-

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10


Beweerde dagmoeder-moordenaars se saak word uitgestel
Die verhoor van ’n oudwerker van ’n dagsorgsentrum in Bloemfontein en haar kêrel, wat weens die moord op haar eertydse werkgewer teregstaan, is in die hooggeregshof in die stad uitgestel weens teenstrydige instruksies aan hul regsverteenwoordiger. Hulle staan tereg weens die driedubbele moord op die eienares van die Byenes-dagsorgsentrum, Betsie Kruger, en haar dogter en skoonseun, Janine en Christo Theron, in 2023. Netwerk24 berig Mpheng Anna Ntsoeu en Katlego Ronald Moroe s

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 10


DANS: Vier jong dansers van Bloemfontein is gereed vir ’n internasionale uitdaging
Vier jong dansers van Bloemfontein maak gereed vir een van die grootste uitdagings van hul loopbane. Nadine Koorzen (13), Deane Koorzen (16), Winley van Greunen (14) en Winnay van Greunen (18) is gekies om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig tydens ’n gesogte kompetisie van 16 tot 20 Maart 2026. Die kompetisie sal aan boord die MSC Galaxy of the Ocean plaasvind. Die keurings volg op ’n reeks sterk prestasies op provinsiale en nasionale vlak, waar die viertal hulself

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 9
bottom of page

