top of page

Beweerde onreëlmatighede in die Staatspensioenagentskap moet ondersoek word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 3
  • 1 min read

ActionSA het die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) versoek om die beweerde onreëlmatighede in die Staatspensioenadministrasieagentskap te ondersoek. Die party sê Skoor moet dringende verhore hou oor die agentskap se beweerde onreëlmatighede, insluitend die biometriese kontrak van R500 miljoen wat aan ‘n maatskappy sonder enige direkteure toegeken is. Hulle voeg by daar is berigte dat byna R36 miljoen ook aan Shula Developers betaal is vir die opknapping van ‘n nie-bestaande kantoorgebou. ActionSA se Matthew George sê hierdie verhore is noodsaaklik om deursigtigheid te verseker, verlore fondse te verhaal en verdere misbruik van die administrasie van die Staatswerknemerspensioenfonds te voorkom.

 
 
 

Comments


bottom of page