Bewerings oor ‘n MIV-toelaag is vals
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 8
- 1 min read
Updated: Mar 9
Volgens die Nasionale Departement van Gesondheid sal mense wat met MIV leef nie binnekort ’n nuwe maandelikse toelaag ontvang nie.
Dit volg nadat plasings op sosiale media beweer het dat ’n toelaag van R1 200 per maand vanaf Mei aan MIV-pasiënte betaal sou word.
Die departement sê die inligting is vals en misleidend.
Mense wat met MIV leef word intussen aangemoedig om die vals nuus te ignoreer en voort te gaan met hul behandeling.
Die departement voeg by lewensreddende behandeling is gratis by openbare gesondheidsfasiliteite beskikbaar wat help dat pasiënte langer en gesonder leef.








Comments