Bewerings oor polisiekorrupsie kan die stryd teen misdaad vertraag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 27
- 1 min read
Indien die onthullings by die Madlanga-kommissie, wat besonderhede oor polisiekorrupsie blootlê, waar is, sal dit Suid-Afrika se stryd teen misdaad vertraag.
So sê die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mabalula.
SABC News berig President Cyril Ramaphosa het die kommissie gestig in reaksie op bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, dat Suid-Afrika se strafregstelsel verdag is.
Hy beweer dit is as gevolg van kriminele sindikate.
Mabalula voeg by die kommissie moet toegelaat word om hul werk te doen en om alle nodige ondersoeke af te handel, sodat hulle ‘n duidelike plan van aksie in plek kan stel om teen die bewerings op te tree.






Comments