Bewerings teen ‘n Vrysaatse skool vir blindes en dowes is onwaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Onderwys sê die bewerings wat deur die DA rakende die Thiboloha Skool vir Blindes en Dowes gemaak is, is onwaar. Van die bewerings sluit in seksuele misbruik, onderwysers wat dronk skool toe kom en leerders dagga laat koop asook swak vaardigheid in gebaretaal. Luidens ‘n mediaverklaring van die departement is hierdie ongegronde bewerings ontstellend, aangesien hulle vir 'n rondetafelbespreking met dowe en blinde belanghebbendes by die skool voorberei. Die departement voeg by dat hulle alle bewerings ernstig opneem, dit deeglik ondersoek en maatreëls implementeer om toekomstige voorvalle te voorkom. Hulle doen ook 'n beroep op die publiek om die ongegronde bewerings te ignoreer.






Comments