Bewerings teen polisieminister is ‘n ernstige nasionale veiligheidskwessie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa noem die bewerings wat deur KwaZulu-Natal se provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is, 'n ernstige nasionale veiligheidskwessie. Central News berig luidens ‘n verklaring van Presidensie, het Ramaphosa dringende optrede belowe sodra hy van die BRICS-leiersberaad in Rio de Janeiro, Brasilië, terugkeer. Die bewerings, wat tydens 'n perskonferensie by die KZN-polisiehoofkwartier in Durban uitgesaai is, beskuldig polisieminister Senzo Mchunu en senior amptenare van die Suid-Afrikaanse Polisiediens daarvan dat hulle kritieke misdaadbestrydingspogings ondermyn, insluitend die omstrede ontbinding van die Politieke Moorde-taakspan. Intussen het Mchunu die aantuigings as ongegrond verwerp en het Mkhwanazi daarvan beskuldig dat hy die integriteit van die polisie ondermyn.






Comments