Bewerings teen Wally Rhoode kon nie bewys word nie

Bewerings dat die hoof van die Presidensiële Beskermingseenheid, generaal-majoor Wally Rhoode, verhinder het dat ’n strafsaak ná die Phala Phala-roof geopen word, kon nie bewys word nie.
Waarnemende polisie-minister Firoz Cachalia het dit bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag.
Ondersoeke het bevind dat Rhoode nie die inbraak deur die normale polisiekanaal aangemeld het nie, maar eerder ’n onafhanklike en nie-amptelike ondersoek ingestel het.
Cachalia sê die plaasbestuurder, Hendrick von Wielligh, was uiteindelik verantwoordelik vir die opening van ’n saakdossier, nie Rhoode nie. Volgens hom was Rhoode nie die eerste persoon wat op die toneel gereageer het nie, en daar is geen bewyse dat hy geweier of verhinder het dat ’n strafsaak geopen word nie.








Comments