Transnet sal ‘n privaatsektorvennoot aanstel vir ‘n mangaan-uitvoerhawe

41 minutes ago
1 min read
Transnet sê hy het met 'n proses begin om 'n privaatsektorvennoot aan te stel om 'n nuwe uitvoerhawe vir mangaan te ontwikkel en te bedryf. Die oogmerk is om die uitvoer van mangaan met 20 % te verhoog.
SABC-nuus berig volgens die Mineraleraad het Suid-Afrika verlede jaar sowat 26 miljoen ton mangaan uitgevoer.
Mangaan word grootliks gebruik in die vervaardiging van staal, maar word ook toenemend gebruik in batterytegnologie in die hernubare energiesektor. Die vennoot van Transnet sal help om 'n nuwe uitvoerkorridor vanaf myne in die Noord-Kaap na die nuwe uitvoerhawe in Ngqura in die Oos-Kaap te bou, te bedryf en te onderhou.








Comments