top of page

Bewerings van nepotisme word in die Vrystaat ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 23, 2025
  • 1 min read

Die Departement van Arbeid het 'n ondersoek na bewerings van begunstiging en nepotisme rakende onlangse aanstellings van kliëntediensbeamptes in die Vrystaat ingestel.


SABC News berig dit volg na bewerings van inwoners van Zastron en Petrusburg dat aanstellingsprosesse gebrekkig was en bevraagteken waarom slegs mense van buite die provinsie gekwalifiseer het vir poste wat graad 12 as 'n hoogste kwalifikasie vereis.


Gevolglik het die waarnemende direkteur-generaal, Jacky Molisane, ook hangende die finalisering van interne prosesse, alle menslike hulpbronne-delegering van die provinsie met onmiddellike effek herroep.


Ter illustrasie. FOTO: DA
Ter illustrasie. FOTO: DA


Comments


bottom of page