Bewerings van seksuele teistering word deur CUT aangespreek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 21
- 1 min read
Updated: Jul 23
Bewerings van seksuele teistering wat op sosiale media versprei word, sal volgens die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (CUT) deur die universiteit se gevestigde prosesse hanteer word.
CUT meld in 'n mediaverklaring dat die universiteit 'n nulverdraagsaamheidsbenadering teen seksuele teistering en geslagsgebaseerde geweld volg.
Die universiteit voeg by dat alle bewerings ernstig opgeneem word.
Ondersoeke word volgens die universiteit op 'n billike, onafhanklike en vertroulike wyse hanteer, met die nodige agting vir die regte van alle betrokkenes.
Studente en personeel word ook aangemoedig om voorvalle deur die universiteit se amptelike aanmeldingskanale aan te meld.
Ondersteuningsdienste is ook beskikbaar vir persone wat hulp of leiding gedurende die proses benodig.








Comments