top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bewerings van wanadminstrasie word by Vrystaat-skole ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

'n Ondersoek is gelas na bewerings van wanadministrasie, geldvermorsing en onwettige optrede by die bou van drie skole in die Vrystaat, waaronder Caleb Motshabi Primary School in die Mangaung-metro.


SABC News berig die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het toestemming ontvang om die ondersoek te begin nadat president Cyril Ramaphosa Proklamasie 325 van 2026 onderteken het.


Die ondersoek fokus op die Vrystaatse Departement van Onderwys en dek die tydperk van Maart 2014 tot 13 Julie vanjaar.


Die SOE sal onder meer ondersoek instel na die verkrygings- en kontrakprosesse, asook enige onreëlmatige, vrugtelose of vermorste uitgawes wat met die projekte verband hou.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page