Bfn berei voor vir 'n vroedvrou-konferensie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 13 minutes ago
- 1 min read
Die Vrystaat berei hom voor om die Vereniging van Vroedvroue van Suid-Afrika (SOMSA)- kongres in Augustus vanjaar in Bloemfontein aan te bied.
Volgens 'n verklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid sal hierdie geleentheid vroedvroue van regoor Suid-Afrika en verteenwoordigers van lande binne Suider-Afrika verwelkom.
Dit sal ’n trotse oomblik en ’n betekenisvolle mylpaal wees, wat die provinsie se reputasie as ’n gerespekteerde sentrum van uitnemendheid en leierskap in vroedkunde bevestig. Die Vrystaat het sedert die stigting van die vereniging in 2014 drie SOMSA-presidente opgelewer.
Hierdie aankondiging kom op Internasionale Dag van die Vroedvrou, wat op 5 Mei gevier word.
Die departement se LUR, Monyatso Mahlatsi, wens alle vroedvroue ’n gelukkige, veilige en produktiewe dag toe. Hy sê elke vroedvrou, wat gesinne regoor die Vrystaat in klinieke, gemeenskapsomgewings en hospitale, en dikwels onder uitdagende omstandighede dien, word op hierdie dag vereer.
In lyn met die wêreldwye tema vir 2026, “Een Miljoen Meer Vroedvroue,” sê Mahlatsi die departement sluit aan by die wêreldwye oproep om in vroedkunde te belê, deur opleiding en mentorskap uit te brei, veilige personeelvlakke en werksomgewings te verseker, en vir loopbaanvordering te pleit. Hy sê die versterking van vroedkunde is noodsaaklik om moeder- en pasgeborene se uitkomste te verbeter en respekvolle, gehalte sorg te bevorder.








Comments