top of page

Bfn-hof beslis vryheid van spraak beskerm nie lasterlike uitlatings nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 24
  • 1 min read

Die appèlhof in Bloemfontein het 'n appèl deur 'n boer met koste van die hand gewys nadat sy uitlatings op Facebook tot doodsdreigemente teen 'n bekende prokureur van Pretoria gelei het.

'n Boer en eiendomsagent van Zeerust in Noordwes, Francois Harman, het die Pretoriase prokureur Pieter Strydom op Facebook daarvan beskuldig dat hy wit boere teiken.

Netwerk24 berig Harman het 'n lening van die Landbank verkry, maar het agterstallig geraak met die jaarlikse paaiement. Die Landbank, verteenwoordig deur Strydom, het toe 'n vonnis teen Harman verkry.

Luidens die hofstukke het Harman op sy Facebook-blad beweer dat Strydom en sommige amptenare van die Landbank die oorsaak van sy probleme is deurdat hulle onder meer oneties optree.

Strydom het daarna 'n beskermingsbevel in die vorm van 'n interdik teen Harman gekry.

Die appèlhof het beslis nie die Grondwet óf die reg op vryheid van spraak beskerm iemand wat lasterlike uitlatings oor ander mense op sosiale media maak nie.

 
 
 

Comments


bottom of page