Bfn kerkgangers word barmhartige Samaritane vir vlugtelinge
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 6
- 1 min read
Gemeentelede van die NG en Metodistekerk van Bloemfontein het Sondagoggend immigrante van Zimbabwe en Malawi by die Pitstop-vulstasie buite die stad met warm sop en kospakkies bedien. Die vlugtelinge was van die Kaap na Musina per bus onderweg.
Netwerk24 berig die groep Zimbabwiërs het vertel hoe hulle sedert 30 Junie dae in die koue en reën in die berge buite Worcester moes skuil nadat die polisie op hulle toegeslaan het.
Die sowat 1 780 immigrante wat van die Kaap teruggestuur is, het elkeen ’n kospakkie in die Vrystaat gekry. Die vroue het ook babadoeke, medisyne en sanitêre doekies ontvang.
'n Leraar van die NG kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein en moderator van die NG Kerk in Suid-Afrika, Ds. Jan Lubbe, sê die boodskap is gewoon om mense wie se lewe baie skielik ontwrig is en verander het en wat vlugtelinge geword het, te help en iets te laat ervaar van Christus se liefde en dat God vir ons sorg en dat mense omgee.








Comments