Bfn-leerling te danke aan losprys gevind
- Armando Pieters

- Jun 28
- 1 min read
‘n Losprysbetaling van meer as R100 000 het tot die redding van ‘n tiener wat vroeër vandeesmaand in Bloemfontein in die Vrystaat ontvoer is, gelei.
Beamptes het die 19-jarige Kamogelo Baukudi Vrydagoggend ongedeerd in Wepener gevind.
Twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het Baukudi meer as drie weke gelede op pad huis toe van die skool in Vereeniging-rylaan ontvoer.
LEES MEER: Kamogelo Baukudi
Polisiebronne na aan die reddingsoperasie beweer dat die verdagtes ‘n betaling van R110 000 van die tiener se familie ontvang het.
Hulle het aan News24 gesê hulle het bewyse wat tot meer arrestasies sal lei, en hulle sal help om die persoon te vind wat vir die ontvoering verantwoordelik is.





Comments