Bfn meisies-kore hou die stad se naam hoog

Die Hoër Meisieskool Eunice van Bloemfontein se Vitae Cantamus-koor het uitstekend presteer in die eindronde van die nasionale ATKV-Applous Skoolkoorkompetisie se Prestige-afdeling vir meisies in Kaapstad.
Hulle is as die tweede beste meisieskoor in Suid-Afrika aangewys.
Volgens ‘n plasing op die skool se sosiale media het die koor het 'n Cum Laude-toekenning ontvang met 'n van 91,98 %.
Die koor se afrigter, Retha Visser, sê hulle is ook bekroon met die toekennings vir die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe werk, asook die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse komposisie.
LUISTER HIER:
Intussen het die koor van die C & N Meisieskool Oranje ook in die Prestige-afdeling vir meisies ’n goue toekenning behaal met ‘n gemiddeld van 88,8 %. Die kapelkoor van die Meisieskool St Michael’s het ‘n goue sertifikaat en 'n tweede plek verower in die Meriete-afdeling vir meisies.











Comments