Bfn oudsoldate help met 'n makker se heupvervanging
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 31
- 1 min read
'n Plaaslike veteraneklub het ’n geldinsameling gehou en R175 000 ingesamel om een van hul makkers te help met 'n heupvervanging jare nadat hy in die destydse Bosoorlog beseer is. Netwerk24 berig die Bloemfonteinse oudsoldaat, Albertus Venter, het nie mediese fonds nie, so die insameling sal die operasie moontlik maak.
Venter was tydens sy diensplig in 1988 naby die Angola-grens in ’n weermagvoertuig toe die voertuig oor ’n landmyn gery het. Weens die slag van die ontploffing het hy uit die voertuig geval en ’n ernstige kopwond opgedoen. Sy makkers moes help om hom by te bring nadat hy sy bewussyn verloor het. Hy het ook erge rugbeserings opgedoen wat oor die jare heen ook sy heup beskadig het.
Venter sê hy is opgewonde om die heupvervanging agter die rug te kry sodat hy weer sonder pyn met sy lewe kan aangaan.








Comments