top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn paaie sluit voor Ramaphosa se besoek

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 11 hours ago
  • 1 min read

Paaie in die omgewing van die Doctor Rantlai Molemela-stadion in Bloemfontein sal Maandag tydelik gesluit wees vir die hoofviering van Vryheidsdag.


President Cyril Ramaphosa sal die hoofspreker wees by die geleentheid met die tema, Vryheid en die Oppergesag van die Reg: Dertig Jaar van Demokratiese Burgerskap.


Die publiek word gewaarsku dat geen vuurwapens by die geleentheid toegelaat sal word nie, behalwe vir wetstoepassers. Alkohol en politieke uitrustings of toebehore wat mense mag aanhits, word ook nie toegelaat nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page