top of page

Bfn-polisie lê beslag op 'n groot besending dwelms

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Dec 23, 2025
  • 1 min read

Die polisie in Bloemfontein het ‘n verdagte in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n groot besending dwelms.


Lede van die Teen-Bende-eenheid het gereageer op intelligensie-geleide inligting rakende ‘n verdagte wat na bewering dwelms in die Bloemfonteinse Sentrale Sakekern verkoop.


Die span het die leidraad opgevolg, wat hulle na ‘n plaaslike winkel in buitelandse besit gelei het.


‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het ‘n 25-jarige man teëgekom.


Nadat hulle hulself geïdentifiseer het, het die lede ‘n deeglike deursoeking van die winkel uitgevoer.


Polisie het op ‘n groot besending dwelms in Bloemfontein beslag gelê. FOTO: Verskaf
Polisie het op ‘n groot besending dwelms in Bloemfontein beslag gelê. FOTO: Verskaf


 
 
 

Comments


bottom of page