Bfn se Dr Zaza is oorlede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
'n Bekende Bloemfonteiner, Zaza Pieterse, is ná ’n lang siekte in die ouderdom van 85 oorlede.
Netwerk24 berig Pieterse is Dinsdag in die vroeë oggendure in die intensiewesorgeenheid van die Mediclinic Bloemfontein veelvuldige orgaanversaking dood.
Haar oudste kind, Koenraad Pieterse van Bloemfontein, sê sy ma is sedert 2 Oktober verlede jaar gehospitaliseer nadat sy geval en ’n nierbesering opgedoen het.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Pieterse is in een van Bloemfontein se bekendste en oudste families, die Fichardt-familie, gebore.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
’n Gedenkdiens word Saterdag om 10:00 vir haar op die Brandkop-landgoed (die ou Fichardt-plaas) in Pellissier gehou, waar sy grootgeword het. Die landgoed is steeds in die Fichardts se besit. Die teraardebestelling sal later die middag op hul plaas in die Smithfield-distrik plaasvind. Hier het sy die grootste deel van haar lewe deurgebring saam met haar man, Jan le Roux Pieterse, wat daar met merino’s geboer het. Sy sal langs Gustav, hul oorlede seun, op die plaas waar sy hul kinders grootgemaak het, ter ruste gelê word.








Comments