Bfn se eie suiderkruis is gevandaliseer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 29
- 1 min read
Die Pellissier-kruis by die Brandkop-bewarea in Bloemfontein is afgesaag en erg verniel. Die reusekruis is al langer as drie dekades ’n baken oor die suide van Bloemfontein.
Netwerk24 berig toevoerkabels is uit die grond geruk, die verdeelbord vernietig en ’n hekkie heeltemal uitgebreek. Trots Pellissier se voorsitter, Ansie Coetzee, sê hulle werk saam met verskeie rolspelers, onder meer die Mangaung-metro, Centlec en sekuriteitsmaatskappye, om die voorval te ondersoek en die pad vorentoe te bepaal.
Die Pellissier-kruis is een van drie reusekruise wat in 1994 in Bloemfontein opgerig is. Die ander twee het destyds op Naval Hill en by die watertoring in Heuwelsig gestaan. Oor die jare het dit ’n bekende ligbaken vir inwoners van Pellissier en omliggende woonbuurte geword, asook vir motoriste wat op die N1 reis.
Coetzee sê die kruis sal definitief weer opgerig word.








Comments