top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn se FWA help om vermeende diewe vas te trek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 15
  • 1 min read

Verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat vermoedelik gesteelde eiendom in sy besit gevind is.


Volgens inligting wat deur die Fichardtpark Woonbuurtvereniging (FWA) gedeel is, is ‘n man by die hoek van Vereenigingrylaan en Curielaan aangekeer nadat hy glo besig was om kameras in sy sak te sit.


Sekuriteitspanne het twee huiskameras by hom gevind, terwyl ’n tweede verdagte ook met ’n sonpaneel en lig in sy besit betrap is.


Die polisie is ontbied en die twee is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.


Volgens die FWA word een van die verdagtes ook met ’n huisbraaksaak, wat verlede maand in Fauna aangemeld is, verbind.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page