top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn se noorde is moontlik vir 'n dag sonder water

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 3
  • 1 min read

'n Beplande onderbreking in watervoorsiening is vir Maandag 3 Augustus geskeduleer.


Volgens ‘n verklaring van die Mangaung Metro Munisipaliteit vind dit plaas vir herstelwerk by die Maselspoort-hoofwaterpypleiding.


Die geaffekteerde areas sluit in:

  • Heuwelsig;

  • Dan Pienaar;

  • Bayswater;

  • Westdene;

  • Northridge en omliggende gebiede;

  • Pentagon Park;

  • Die sentrale sakekern; en

  • Dele van Noordhoek en omliggende gebiede.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page