top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn se staatslykshuis is gesluit vir lykskouings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 19 hours ago
  • 1 min read

Die departement van werkskepping en arbeid het die afdeling van Bloemfontein se staatslykhuis waar lykskouings gedoen word, gesluit.


Netwerk24 berig dié afdeling is Donderdag gesluit omdat die werkstoestande nie aan die nodige vereistes voldoen nie.


’n Verteenwoordiger van die Vereniging van Staatsamptenare, Lynsie Pelser, sê die departement het Woensdag reeds die toestande in die lykhuis ondersoek. Die ventilasie is foutief en elektriese herstelwerk moet gedoen word. Daar moet ook ’n diensverskaffer aangestel word om die deel waar lykskouings plaasvind, skoon te maak. Pelser sê die lykshuis het voorts nie warm water nie.


Die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, het nie op herhaalde navrae gereageer nie. Dit is nie duidelik wanneer die gesondheidsdepartement aan die kwessies gaan aandag gee en wanneer lykskouings hervat sal kan word nie.


Die staatslykshuis in Bloemfontein. FOTO: Roodt Architects
Die staatslykshuis in Bloemfontein. FOTO: Roodt Architects

 
 
 

Comments


bottom of page