Bfn se Sterkwater-rioolaanleg is wanfunksioneel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Sep 29
- 1 min read
Die Sterkwater-rioolsuiweringsaanleg in Bloemfontein is gevandaliseer en elektriese kabels is gesteel, wat die aanleg wanfunksioneel gelaat het. Dit volgens die stadsbestuurder van die Mangaung-metro, Sello More.
Netwerk24 berig die Sterkfontein-rioolsuiweringsaanleg laat rou riool vrylik in die Renosterspruit vloei en van daar af direk in die Modderrivier, wat ’n bron van drinkwater vir 29% van die inwoners van Bloemfontein is.
More sê onmiddellike stappe wat geneem moet word om die probleem op te los, is verbeterde veiligheidsmaatreëls om die elektriese kabels te beskerm, en omvattende opknapping van die aanleg om afvalwaterbehandeling te verbeter.
Hy sê dit kan ses tot nege maande neem om volledig herstel te word en binne wetlike en omgewingstandaarde te funksioneer. Die metro voer twee keer per maand watergehaltetoetse van die waterbronne uit.
More doen ’n beroep op die gemeenskap om die metro te help om misdaad soos kabeldiefstal te bekamp wat tot dié soort probleme aanleiding gee.






Comments