top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bfn sekuriteitspersoneel vaar goed by ‘n nasionale kompetisie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die sekerheidsmaatskappy Securiforce van Bloemfontein se Gewapende Reaksie-afdeling het 'n uitsonderlike vertoning tydens die South African Intruder Detection Services Association (SAIDSA) se Reaction Man-kompetisie van 2026 gelewer.


Volgens 'n mediaverklaring beklemtoon kompetisie die dissipline, gereedheid, spanwerk en operasionele vermoë wat die grondslag vorm van die maatskappy se diens aan sy kliënte en gemeenskappe.


Die SAIDSA Reaction Man-kompetisie toets die praktiese vaardighede, operasionele gereedheid, dissipline en reaksievermoë wat van gewapende reaksiepersoneel onder mededingende omstandighede vereis word.


Securiforce se eienaar, Alda Roux, sê die prestasies weerspieël veel meer as individuele vermoë – dit toon die toewyding, dissipline, moed en spanwerk wat sekruiteitspersoneel elke dag werk toe bring.


Godfrey Mokela is aangewys as die individuele wenner van Reaction Man, terwyl Reuben Mokatsane en Joseph Mosili die titel van algehele maatskappywenners verower het. Martin Van Vuuren en Godfrey Mokela het die algehele tweede plek behaal.


Lede van Securiforce van Bloemfontein se Gewapende Reaksie-afdeling. FOTO: Verskaf
Lede van Securiforce van Bloemfontein se Gewapende Reaksie-afdeling. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page