top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Biden smeek Florida-inwoners om te ontruim

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 9, 2024
1 min read

Die Amerikaanse president Joe Biden het Florida-inwoners gesmeek om te ontruim. Volgens Eye Witness News waarsku Biden dat die kategorie 5-storm in die ergste natuurramp die eeu kan ontaard. Terwyl orkaan Milton, die tweede groot orkaan in soveel weke, na Florida se weskus dreun, het lugrederye, vanweë opeenhopins op snelwee, ekstra vlugte vanaf Tampa, Orlando, Fort Myers en Sarasota onderneem. Dit is 'n kwessie van lewe en dood, en dit is nie hiperbool nie het Biden uit die Withuis gesê en diegene onder bevel aangemoedig om dadelik te ontruim. Orkaankenner Michael Lowry het gewaarsku dat in die Tampa-omgewing, die tuiste van sowat drie miljoen mense, Milton se stormvloed dubbel die stormvloedvlakke van orkaan Helene kan wees.

 
 
 

Comments


bottom of page