Bidvest reageer op Solidariteit se kritiek oor sy beursprogram
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 6, 2025
- 1 min read
Die vakbond Solidariteit het sy kommer uitgespreek oor Bidvest se beursprogram, wat kinders van werknemers onder die R15 300 inkomstevlak ondersteun. Dit volg nadat ‘n plakaat op sosiale media gedeel is wat stipuleer dat slegs swart, bruin en Indiër-werknemers mag aansoek doen. Die vakbond sê dit is onregverdig dat wit werknemers uitgesluit word, al kwalifiseer hulle op grond van inkomste. Bidvest het in antwoord op ʼn sosiale media plasing deur die vakbond gesê dat die program deel is van die Bidvest Education Trust, wat gemik is op histories benadeelde persone. Newskoop berig die maatskappy sê dit is in lyn met B-BBEE-wetgewing en fokus op gelykheid en breër ekonomiese deelname.






Comments