top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bill Cosby moet opdok vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die veteraan Amerikaanse vermaaklikheidster Bill Cosby moet meer as $19 miljoen aan 'n vrou betaal wat beweer het dat hy haar bedwelm en verkrag het.


News24 berig Donna Motsinger het gesê sy het meer as 50 jaar gelede as ’n kelnerin gewerk toe Cosby een dag vir haar ’n glas wyn en wat sy gedink het aspirien was, gegee. Sy het geweet sy is gedwelm deur Cosby verkrag. Prokureurs sê Cosby onthou nie enige seksuele kontak met Motsinger nie.


Die jurie het drie dae geneem om hul uitspraak te lewer. Die betaalbare bedrag kan toeneem indien strafskadevergoeding bygevoeg word.


Cosby was ’n uitstaande figuur in die laat 20ste-eeuse Amerikaanse populêre kultuur, onder meer vir sy hoofrol in The Cosby Show, wat van 1984 tot 1992 uitgesaai is. Tientalle vroue het Cosby daarvan beskuldig dat hy hulle met kalmeermiddels en alkohol bedwelm het voordat hy hulle oor vier dekades aangerand het.


Bill Cosby voor die hof in 2018. FOTO: News24
Bill Cosby voor die hof in 2018. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page